
=====================================================================
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Niks doen dit soos Afrikaans nie

Lizette Rabe   deel gedagtes oor moedertaal en onderrig -- twee sake wat Afrikaanstaliges diep laat nadink.

TER inleiding: my moedertaal is Afrikaans. Tog het ek in 'n gemeenskap grootgeword waar ek en my meisiemaats in die Kindergarten deur Tante 
Fidi gedril is om as groet 'n "Knicks" te maak; die seuns 'n galante Germaanse buiging.

Dis die wreld waarin ek mens geword het. Afrikaans as moedertaal, maar 'n Duitse leefwreld as afstammeling van die Duitse setlaarsgroep 
wat in die vorige eeu by Philippi op die Kaapse Vlakte gevestig is om die Kaap van vars produkte te voorsien.

N die Tweede Wreldoorlog het afstammelinge vir die eerste keer en masse met nie-Duitsers getrou. Die gevolg was my geslag. My ma is 
Afrikaans, en het glo moedig probeer Duits leer. Gebruike en tradisies het sy ook vinnig aangeleer. Maar ons huistaal was nogtans 
Afrikaans.

Van die naoorlogse geslag kinders het 'n skoolhoof by ons Duitse laer skool by Philippi (waar ek my ABC -- en Vaterunser -- geleer het) 
ges: te Duits vir Jan Celliers, te Afrikaans vir Friedrich Schiller.

Ek definieer myself vandag as 'n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner, en gaan saans huis toe na my wreld, die landelike Philippi op die 
Kaapse Vlakte.

In wese is dit 'n Afrikaanssprekende gemeenskap. Maar met die verskil wat hom uniek en anders maak: Lutherse geloof, Duitse tradisies, ook 
Duitse kookgewoontes.

Afrikaans is my taal, Duits sinoniem met 'n geborgenheid van 'n kultuur en 'n lewenswyse wat 'n groep setlaars met familie- en 
vriendskapsbande wat oor eeue gestrek het, hier in Afrika kom voortsit het.

En toe moes ek en my man -- ook Duitse pa en Afrikaanse ma -- ons Carl, en toe Fritz en Hein, skool toe stuur. Ook hul moedertaal is 
Afrikaans. Tog, toe ons drie mannetjies klein was, het ek vir hulle Duitse kinderliedjies gesing -- al wat ek ken.

Het ons private Duitse laer skool nog bestaan, sou dit waarskynlik aan die eise van die tyd voldoen het. Dit was so toe ons daar was -- 
almal goed aangepas in die hor skole waarheen ons gestuur is. En ons het "lekker" vakke gehad, soos sterrekunde.

En (om tog nie te vergeet nie) ons eie geskiedenis. Dit het onvermydelik die geskiedenis van ons gemeenskap by Philippi, en die kultuur van 
die Duitse volk op 'n trappie hor as di van enige ander -- ook di van ons ma's -- geplaas. Dit was die invloed van ons rektor, 
terselfdertyd predikant van die gemeente. Ek het altyd gevoel ons is anders as enige ander groep in die land. (Herrenvolk, hier kom ons -- 
gelukkig is ek vir st. 6 na 'n Bolandse meisieskool met sy verskeidenheid van kulture). Sy afskeidswoorde in my st.5-rapport weerklink nog 
gereeld in my psige: "Halte dich im Leben auch immer zu den Besten". (Bondig in Afrikaans: Streef na uitnemendheid.)

Terug na my kleine Kinder kleine Sorgen. Die beste Afrikaansmedium skool in die suidelike voorstede was ons antwoord vir ons drie kinders. 
Nou is laer skool vir ons oudste byna verby, en raak dit grosse Kinder grosse Sorgen. Watter hor skool?

Ek lees hartstogtelik wat ek oor moedertaalonderrig kan kry, ook in Afrikaans Vandag. Die studies daaroor maak tog sin. En vergelyk met 
studies in die reklamewreld -- wat ons ewe hartstogtelik gebruik om Afrikaanse reklame te bevorder. En as ons van Sarie aan ons klinte s 
Niks s dit soos Afrikaans nie, die Pendoring reklamewedstryd se slagspreuk, moet ek ook ten opsigte van die onderwys s: Niks leer dit 
soos Afrikaans nie.

Afrikaans is 'n ontwikkelde taal, letterkundetaal, wetenskapstaal -- in hierdie publikasie word dit gereeld ges. En ek hoef nie vir die 
bekeerdes te preek nie.

Maar ek wil vra: hoekom glo my generasie nie in die waarde van hul moedertaal nie?

En hoekom negeer ons toenemend ons moedertaal deur ons kinders na Engelsmedium skole te stuur? Dat hulle vlot in Engels moet wees en dat 
dit hul toegang tot die globale dorp is, is seker. Maar vandag se kinders is, danksy TV, flieks, die veel groter blootstelling aan Engelse 
maatjies, al tweetalig wanneer hulle laer skool toe gaan.

Gaan ons kinders Afrikaans koester as ons dit self nie doen nie? En is taal nie intrinsiek deel van selfbeeld nie? En terwyl ons Afrikaans 
ontmagtig, bewys ons nie al die ander minderheidstale in Suid-Afrika dieselfde onguns nie?

As ons nie gebruikers van Afrikaanse produkte bevorder nie, wie gaan die toekomstige Saries, Huisgenote, De Katte, Etienne van Heerdens, 
Sonja Lootse   lees?

Ek vra die vrae versigtig, want terselfdertyd begryp ek dat 'n mens se ingebore instink net die beste vir jou kind wil h. Ons het goeie 
Afrikaanse skole. En dit gaan ons skuld wees as di skole oor vyf, tien jaar, gaan uitsak, net nog skole gaan word, dubbelmedium 
(uiteindelik Engels-enkelmedium?), met die standaard van wat ook al gaan geld in staatskole. (Die politikus wat ges het as Afrikaans uit 
die hor onderwys verdwyn, lui die doodsklok vir Afrikaans, het die waarheid gepraat.)

Daarby het ek 'n probleem met die attitude van soveel Engelse kinders. Hul taalimperialisme is ook 'n kultuurimperialisme wat neersien op 
Afrikaans. Ek wil nie h my kinders moet deur groepsdruk -- waar hulle boonop 'n minderheidsgroep gaan wees (wat op sigself nie 'n probleem 
is nie) ongemaklik oor hul eie taal wees nie.

Dan aanvaar ek ook dat kinders self 'n keuse het van waarheen hulle wil gaan. In my kinders se laer skool kies veral die seuns om na 
Engelse hor skole te gaan omdat hul sport soveel beter is (wie wil in 'n verloorspan speel?) S 'n ma wat ongelukkig is oor haar graad 7 
(st.5)-seun se keuse nou die dag: "Ek glo in Afrikaans, en dat die blootstelling aan twee tale en twee geslagte goed is." Maar sy het die 
stryd verloor. Haar seun gaan aanstaande jaar na een van die Engelse seunskole. Dis steeds vir haar 'n sensitiewe kwessie. Maar my ervaring 
is dat sy een van die min is wat wroeg oor haar kind se keuse.

En wat nou van my oudste aan die vooraand van sy laaste laerskooljaar?

Die onaantasbaarheid van 'n skool se akademiese standaard is vanselfsprekend. Dat hy sy wetenskap en wiskunde in Afrikaans moet inkry, ook. 
(Gelukkig stem hy en sy boetas saam oor die keuse van hor skool -- so ver.)

Stuur Vlaminge hul kinders na Franse skole sodat hulle die wreldtaal Frans kan leer? Hoekom glo ons dan nie in die waarde van ons eie taal 
nie?

Dit hang van ons af of Afrikaans die ontwikkelde taal -- 'n onderrigtaal -- gaan bly. S ons Afrikaans sal voortleef solank hy gepraat 
word, gaan dit net 'n praattaal word, sonder die wreld van die wetenskap en kunste.

Die onderwys is reeds onseker. Gaan grade 10, 11 en 12 geprivatiseer word (die amptelike beleid is onderwys tot graad 9)? Gaan ons kinders 
'n bykomende eksamen afl soos die veelbesproke Cambridge A Levels (wat Naspers se afstandsonderrigkolleges, terloops, glo ook in Afrikaans 
gaan aanbied)? Gaan 'n dertiende skooljaar nodig wees vir toegang tot tersire onderrig?

Alles dinge waaraan ouers nou dink -- saam met die kwessie van taalmedium. Uiteindelik is dit elkeen se keuse en suiwer 'n saak wat jy vir 
jouself ten beste uitmaak.

Soos wat ek in my werk ander oortuig: niks sdit soos Afrikaans nie, sal ek wat die onderwys betref, bly glo: Niks leer dit soos Afrikaans 
nie.

Lizette Rabe   is redakteur van Sarie   (Suid-Afrika se grootste Afrikaanse vrouetydskrif en ook die grootste vrouetydskrif in die land). 
Sy is die ma van drie seuns.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5124.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

